| Chapter 128 |
1 | 'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel! |
2 | Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed! |
3 | Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel. |
4 | Kyk, so sal sekerlik geseënword die man wat die HERE vrees. |
5 | Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe! |
6 | En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel! |