| Chapter 114 |
1 | Toe Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit 'n volk met 'n vreemde taal, |
2 | het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied. |
3 | Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk. |
4 | Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers. |
5 | Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk? |
6 | o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers? |
7 | Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob, |
8 | wat die rots verander het in 'n waterplas, die keisteen in 'n waterfontein! |