| Chapter 82 |
1 | 'n Psalm van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode. |
2 | Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela. |
3 | Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg. |
4 | Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense. |
5 | Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel. |
6 | Ek self het gesĂȘ: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste -- |
7 | nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val. |
8 | Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies. |