| Chapter 11 |
1 | Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos 'n voël! |
2 | Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart. |
3 | As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen? |
4 | Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders. |
5 | Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet. |
6 | Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees. |
7 | Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien. |