| Chapter 16 |
1 | En die lot het uitgekom vir die kinders van Josef: van die Jordaan van Jrigo af, oostelik van die waters van Jrigo, na die woestyn wat van Jrigo af oploop in die gebergte, na Bet-el; |
2 | verder loop dit van Bet-el af aan na Lus en loop oor na die grondgebied van die Arkiete, na Atarot; |
3 | dan loop dit af in die weste na die grondgebied van die Jafletiete, tot by die gebied van Bet-Horon-Onder en tot by Geser, sodat dit doodloop by die see. |
4 | So het dan die seuns van Josef, Manasse en Efraim, 'n erfdeel ontvang. |
5 | En dit was die grondgebied van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte -- die lyn van hulle erfdeel was, in die ooste: Atrot-Addar tot by Bet-Horon-Bo; |
6 | dan loop die lyn aan na die see; in die noorde: M¡gmetat; dan swaai die lyn in oostelike rigting na T nat-Silo en loop oos daarvan oor na Janoag; |
7 | en van Janoag loop dit af na Atarot en N harat en raak dan aan Jrigo en loop op die Jordaan uit. |
8 | Van Tappuag af loop die lyn in westelike rigting na die spruit Kana; verder loop dit dood by die see. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte; |
9 | en die stede wat vir die kinders van Efraim afgesonder was in die erfdeel van die kinders van Manasse, al die stede met hulle dorpe. |
10 | Maar hulle het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; so het dan die Kananiete onder Efraim bly woon tot vandag toe; maar hulle moes dwangarbeid verrig. |