Afrikaans Bible

JESAJA 63

JESAJA

Return to Index

Chapter 64

1

 Ag, as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal, dat die berge wankel voor u aangesig 

2

 -- soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel -- om u Naam aan u teĆ«standers bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe 

3

 wanneer U vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie -- as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig! 

4

 Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het 'n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U. 

5

 U kom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen, hulle wat aan U dink op u weĆ«. Kyk, U was toornig, en ons het gesondig; in die toestand was ons baie lank, en -- sal ons verlos word? 

6

 En ons het almal geword soos 'n onreine, en al ons geregtighede soos 'n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind. 

7

 En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede. 

8

 Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand. 

9

 HERE, wees nie uitermate toornig nie, en dink nie vir ewig aan die ongeregtigheid nie; aanskou dit tog dat ons almal u volk is. 

10

 U heilige stede het 'n woestyn geword; Sion het 'n woestyn geword, Jerusalem 'n wildernis. 

11

 Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het 'n puinhoop geword. 

12

 HERE, sal U by hierdie dinge U bedwing? Sal U swyg en ons uitermate verdruk? 

JESAJA 65

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: