Afrikaans Bible

PSALMS 107

PSALMS

Return to Index

Chapter 108

1

 'n Lied. 'n Psalm van Dawid. 

2

 My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer. 

3

 Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak. 

4

 Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies; 

5

 want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke. 

6

 Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde! 

7

 Dat u bemindes gered kan word -- verlos deur u regterhand en verhoor ons! 

8

 God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet. 

9

 G¡lead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf. 

10

 Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filist‚a jubel Ek. 

11

 Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom? 

12

 Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie. 

13

 Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite. [ (Psalms 108:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap. ] 

PSALMS 109

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: