Afrikaans Bible

JOB 40

JOB

Return to Index

Chapter 41

1

 Niemand is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou? 

2

 Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne. 

3

 Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie. 

4

 Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbele gebit -- wie kan daarin deurdring? 

5

 Die deure van sy gesig -- wie het dit geopen? Rondom sy tande is verskrikking. 

6

 'n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseël met 'n vaste seël. 

7

 Die een is so naby die ander, dat die wind daar nie tussenin kan kom nie. 

8

 Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar. 

9

 Sy genies laat lig skitter, en sy oë is soos die ooglede van die dageraad. 

10

 Uit sy mond kom fakkels, spat vuurvonke uit. 

11

 Uit sy neusgate kom rook, soos uit 'n kokende pot met biesiesvuur daarby. 

12

 Sy asem laat kole ontvlam, en 'n vlam gaan uit sy mond. 

13

 In sy nek woon sterkte, en voor hom uit spring ontsteltenis. 

14

 Die klompe van sy vleis is vas aanmekaar, aan hom vasgegiet, onbeweeglik. 

15

 Sy hart is hard soos 'n klip, ja, hard soos die onderste meulsteen. 

16

 As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering raak hulle buite hulself. 

17

 Raak iemand hom met die swaard -- dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie. 

18

 Yster is vir hom soos strooi; koper soos hout wat vergaan het. 

19

 Die pyl laat hom nie vlug nie; slingerstene word vir hom soos stoppels. 

20

 Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gesuis van die lans. 

21

 Onderaan hom is spits skerwe: hy sprei 'n ware dorsslee uit op die modder. 

22

 Hy laat die diepte kook soos 'n pot; die waterplas maak by soos 'n kokende salfpot. 

23

 Agter hom verlig hy die pad: 'n mens sou die watervloed aansien vir grys hare. 

24

 Sy gelyke is daar op die aarde nie, die skepsel sonder vrees. 

25

 Hy kyk alles aan wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere. 

26

   

27

   

28

   

29

   

30

   

31

   

32

   

33

   

34

   

JOB 42

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: