Afrikaans Bible

1 KRONIEKE 25

1 KRONIEKE

Return to Index

Chapter 26

1

 Wat die afdelings van die poortwagters betref, by die Koragiete het behoort Mesel‚mja, die seun van Kore, van die seuns van bjasaf. 

2

 En Mesel‚mja het seuns gehad: Sagar¡a, die eersgeborene, Jed¡ael, die tweede, Seb dja, die derde, J tniël, die vierde, 

3

 Elam, die vyfde, Johanan, die sesde, Eljehoënai, die sewende. 

4

 Obed-Edom het ook seuns gehad: Sem ja was die eersgeborene, Josabad die tweede, Joag die derde en Sagar die vierde en Net neël die vyfde, 

5

 Ammiël die sesde, Issaskar die sewende, Pelletai die agtste; want God het hom geseën. 

6

 Ook vir sy seun Sem ja is seuns gebore wat in hulle familie geheers het, want hulle was dapper helde. 

7

 Die seuns van Sem ja was Otni en R‚fael en Obed, lsabad; sy broers, flukse manne: El¡hu en Sem gja. 

8

 Hulle almal was uit die seuns van Obed-Edom, hulle en hul seuns en hul broers, flukse manne, bekwaam vir die diens; twee en sestig van Obed-Edom. 

9

 Mesel‚mja het ook seuns en broers gehad, flukse manne, agttien. 

10

 En Hosa, uit die seuns van Mer ri, het seuns gehad: Simri was die hoof; wel was hy nie die eersgeborene nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel. 

11

 Hilk¡a was die tweede, Teb lja die derde, Sagar¡a die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien. 

12

 Hierdie afdelings van die poortwagters, die gesinshoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die huis van die HERE. 

13

 En hulle het die lot gewerp, klein en groot, volgens hulle families vir elke poort. 

14

 En die lot vir die ooste het op Sel‚mja geval; ook vir sy seun Sagar¡a, wat 'n verstandige raadgewer was, het hulle die lot gewerp; en sy lot het uitgekom vir die noorde; 

15

 op Obed-Edom vir die suide; en op sy seuns vir die huis van die voorrade; 

16

 op Suppim en op Hosa vir die weste by die poort Sall‚get aan die grootpad wat opdraand loop, wag naas wag. 

17

 Vir die ooste was ses Leviete; vir die noorde daagliks vier; vir die suide daagliks vier; maar by die huis van die voorrade telkens twee. 

18

 By die aanbousel, vir die weste, was vier aan die grootpad, twee by die aanbousel. 

19

 Dit was die afdelings van die poortwagters van die seuns van die Koragiete en van die seuns van Mer ri. 

20

 En die Leviete, hulle broers, oor die skatte van die huis van God en oor die skatte van die heilige gawes was: 

21

 die seuns van L edan, die seuns van die Gersoniet L edan, die familiehoofde van L edan, die Gersoniet: Jehiëli; 

22

 die seuns van Jehiëli: Setam en Joël, sy broer, was oor die skatte van die huis van die HERE. 

23

 Wat die Amramiete, die Jishariete, die Hebroniete, die Ussiëliete betref, 

24

 S‚buel, die seun van Gersom, die seun van Moses, was owerste oor die skatte. 

25

 En wat sy broers, van Eliëser afkomstig, betref, sy seun was Reh bja, en sy seun Jesaja, en sy seun Joram, en sy seun Sigri, en sy seun Selomot. 

26

 Hierdie Selomot en sy broers was oor al die skatte van die heilige gawes wat koning Dawid en die familiehoofde, en die owerstes oor duisend en oor honderd en die leërowerstes, geheilig het -- 

27

 van die oorloë en van die buit het hulle dit geheilig om die huis van die HERE daarmee uit te rus -- 

28

 ook alles wat die siener Samuel geheilig het, en Saul, die seun van Kis, en Abner, die seun van Ner, en Joab, die seun van Seruja -- wie ook al iets geheilig het, was onder bewaring van Selomot en sy broers. 

29

 Van die Jishariete was Ken nja en sy seuns opsigters en regters oor Israel vir die uitwendige sake; 

30

 van die Hebroniete het Has bja en sy broers, dapper manne, duisend sewe honderd, die opsig gehad oor Israel, duskant die Jordaan na die weste toe, vir enige werk van die HERE en vir die diens van die koning. 

31

 Van die Hebroniete was Jer¡a die hoof -- daar is na die Hebroniete volgens hulle afstamming, volgens families, 'n ondersoek ingestel in die veertigste jaar van die koningskap van Dawid, en daar is onder hulle dapper helde gevind in Ja‚ser in G¡lead -- 

32

 en sy broers, dapper manne, twee duisend sewe honderd familiehoofde; en koning Dawid het hulle aangestel oor die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van die Manassiete vir enige saak van God en enige saak van die koning. 

1 KRONIEKE 27

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: